
Twee mans is gisteraand (27 Julie) op die R30 tussen Derby en Ventersdorp dood nadat hulle voertuig gerol het.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici ongeveer 20:00 op die toneel gekom. Die voertuig is langs die pad aangetref.
“Een van die mans is onder die voertuig gevind en die ander is ongeveer 30 meter weg van die voertuig af gelê. Daar was niks wat paramedici vir hulle kon doen nie. Albei is dood op die toneel verklaar,” het Meiring gesê.
Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



