Munisipale geboue sluit weens oproer
‘n Groep “ontevrede lede van die publiek” het vroeg vanoggend by die foyer van die Dan Tloome-gebou (munisipale hoofgebou) ingestorm om hulle misnoë met die toekenning van kontrakte te deel.

‘n Groep “ontevrede lede van die publiek” het vroeg vanoggend by die foyer van die Dan Tloome-gebou (munisipale hoofgebou) ingestorm om hulle misnoë met die toekenning van werkskontrakte te deel. Volgens die woordvoerder van die J.B. Marks munisipaliteit, William Maphosa, was die groep ontevrede omdat hulle “oorgesien is.”
Die sekuriteit van die munisipaliteit het vining opgetree en ekstra ondersteuning ingeroep om die groep van ongeveer dertig mense onder beheer te kry. “Gelukkig is geen skade geraporteer nie”, sê Maphosa.
Hy het later vanoggend in ‘n verklaring bevestig dat die munisipale kantore asook die museum- en biblioteekgebou vroeg vanoggend gesluit het om die veiligheid van die publiek en die munisipale werknemers te verseker. “Die publiek sal dadelik in kennis gestel word wanneer die geboue weer oopgestel word”, sê Maphosa.




