NewsNews

Om welvaart te bou na 2021

Die gasspreker is die bekende politieke ontleder en beleidspesialis, Theo Venter.

Een ding is seker: ons leef in BUITEN-gewone tye. Die Covid-19 pandemie en die streng afsonderingsregulasies wat die afgelope maande toegepas is, het die brose ekonomie van Suid-Afrika ‘n groot knou gegee. ‘n Voormalige president was vir ‘n kort rukkie in die tronk, die Zondo-kommissie nader sy einde en ons het komende plaaslike verkiesings.

Die afgelope jaar het beleggers ‘n blaaskans geniet met beter opbrengste, maar die syfers oor vyf jaar lyk steeds treurig. Beleggers wil steeds moed hou ondanks die politieke en ekonomiese skokke en die uitdagings wat dit so moeilik maak om die regte besluite rakende hul beleggings te neem.

Dinsdag, 14 September, bring Jenwil jou ‘n span vooraanstaande fondsbestuurders (Foord en Obsidian) om jou vrae rondom diversifikasie te antwoord. Daar word gekyk na geleenthede en die slaggate van die huidige beleggingsklimaat.

Die paneelbespreking saam met Rocco Carr van Glacier sal kyk na vrae soos wat bedoel word met diversifikasie, speel kontant en inkomste fondse nog ‘n rol met lae rentekoerse, wat is gesonde buitelandse blootstelling en wat is die moontlike impak van regeringsinmenging? Die gasspreker is die bekende politieke ontleder en beleidspesialis, Theo Venter.

Theo gaan veral fokus op die verloop van die Zondo-kommissie en moontlike uitkomste daarvan. Dan kyk hy ook of daar iets van die Zondo-kommissie gaan kom, is dit die einde van staatskaping en watter risiko’s hou die huidige politieke omgewing vir ons in?

Oudergewoonte word die aand afgesluit met gevallestudies rondom besluite wat werklike kliënte in hierdie onseker tye gemaak het rondom hul beleggings. Jenwil graag die mense van Potchefstroom help om meer ingeligte besluite te kan neem.

Moet dus nie Jenwil BlouSter se gratis negende welvaart seminaar (via Zoom) Dinsdag, 14 September om 18:00 misloop nie. Registreer by (018) 175 0140 of stuur ‘n e-pos met jou besonderhede na adminpotch@jenwil.co.za of besoek https://www.facebook.com/jenwilbluestarpotch.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button