Local newsNewsNews

Nuwe beddens gaan Amelia Nasorgsentrum inwoners ‘n soete nagrus gee

Danksy NWU CSE se donasie het Amelia Nasorgsentrum nou 102 beddens wat meer as genoeg is vir die 94 inwoners. Die ou matrasse sal dan ook geskenk word aan instansies wat dit nodig het.

Toe Amelia Nasorgsentrum se inwoners verlede Donderdag, 15 Oktober, hul nuwe beddens en matrasse sien kon hul nie help om met dankbare glimlagte hul opgewondenheid te wys nie.

Hul het die span studente van NWU CSE ‘n paar drukkies gegee en met die NWU gelukbringer, Eagi, wat kom kuier het was dit groot pret. Dit was ook ‘n gulde geleentheid vir die studente om te sien waarheen en vir wie die geld gaan wat hul ingesamel het.
In Augustus vanjaar het Amelia Nasorgsentrum ‘n groot hupstoot gekry toe hul ‘n skenking van R 230 000 van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Community and Stakeholder Engagement (CSE) ontvang het. Die geld wat die NWU skenk kom uit JOOL-fondse wat dan terug in die gemeenskap en verskeie organisasies ingestoot word.


Hierdie fondse het direk na die aankoop van nuwe matrasse gegaan met Amelia wat 70 nuwe beddens aangekoop het. Verlede jaar het Amelia 32 gekoop en sodoende staan hul op 102 beddens wat meer as genoeg is vir die 94 inwoners. Die ou matrasse sal dan ook geskenk word aan instansies wat dit nodig het.

John-Martin Parsons, voorsitter van Amelia Nasorgsentrum, sê die aankope vorm deel van die sentrum se poging om inwoners se lewensomstandighede te verbeter en terselfdertyd aan die gemeenskap te wys hoe skenkings aangewend word.
“Dit is vir ons belangrik dat skenkers weet waarheen hul fondse gaan en hoe dit aangewend word. Dit is hoekom ons nou wil wys en ook blootstelling gee aan wat ons behoeftes is,” vertel Parsons.

Volgens Parsons is die finansiering van ’n niewinsgewende organisasie ’n voortdurende uitdaging, aangesien skenkings en inkomste nie altyd genoeg is om alle uitgawes te dek nie. Die sentrum wil daarom meer gereeld terugvoer oor projekte en aankope op sosiale media deel om gemeenskapsbetrokkenheid aan te moedig.
“Omdat ons ’n niewinsgewende organisasie is, kan ons ‘n artikel 18A-belastingsertifikate uitreik.”

Parsons beklemtoon dat die uiteindelike doel is om die lewensgehalte van volwassenes met intellektuele gestremdhede te verbeter en te verseker dat skenkings ’n merkbare verskil maak.
“Met ‘n nie-winsgewende organisasie moet ‘n mens aanhou vra. Ek het nie altyd geweet daar is instansies soos NWU: CSE wat sulke ondersteuning bied nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button