CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Koop kolwyntjies en help kinders met kanker

Plaaslike bakkers het weer saamgespan om fondse vir kinders wat aan kanker ly, in te samel.

Plaaslike bakkers het weer saamgespan om fondse vir kinders wat aan kanker ly, in te samel.

Hulle moedig besighede aan om voor 20 September kolwyntjies by Cupcakes for Hope te bestel en so ‘n bydrae tot hul fondsinsamelingsprojek te maak.

Angelique Hall, een van die organiseerders by Cupcakes for Hope in Potchefstroom, sê bestellings kan geplaas word teen R10 per kolwyntjie. Dié varsgebakte soete verleidings sal dan van 20 tot 23 September gratis afgelewer word.

Cupcakes for Hope is ‘n nie-winsgewende organisasie wat in September fondse insamel om elke maand tot 120 pasiëntjies met hulle behandeling te help en aan hul daaglikse behoeftes te voorsien. Hulle lewer geskenkpakkies by 20 pediatriese onkologie-afdelings regoor Suid-Afrika af en voorsien hospitale van broodnodige mediese toerusting en opvoedkundige speelgoed. Hulle is selfs by die opknapping van kinders se onkologie-afdelings betrokke. Angelique sê dis wonderlik om te sien hoe die fondse uit die gemeenskap aangewend word om siek kinders te ondersteun.

Hulle nooi besighede om met teetyd van 20 tot 23 September ‘n soetigheid te eet en die publiek om Saterdag, 25 September by die Le Roux-Sentrum in Maherrystraat ook kolwyntjies te koop. Vir navrae of om bestellings te plaas, skakel Angelique by 082 822 5250 of Elmarieta by 082 683 6055.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button