CommunityNewsNewsPhoto Galleries
Rede waarom taxi-bestuurders gedeelte van N12 afsper
Lede van die Taxi-vereniging het vanoggend 'n gedeelte van die N12 met hulle taxi's afgesper wat dit vir motoriste ontoeganklik gemaak het.
Lede van die Taxi-vereniging het vanoggend (15 September) ‘n gedeelte van die N12 met hulle taxi’s afgesper wat dit vir motoriste ontoeganklik gemaak het.
Volgens kol. Adéle Myburgh, mediawoordvoerder van die polisie in die Noordwes, was hulle woedend omdat daar taxi’s is wat sonder die nodige permitte in sekere areas werksaam is. Hulle wou gehad het die verkeersdepartement moet teen hulle optree.
Die polisie was vanoggend op die toneel om met die protesgangers te onderhandel. Kol. Myburgh sê die verkeersdepartement het later vyf taxi’s identifiseer wat nie permitte het nie. Drie van die vyf is later met behulp van insleepdienste verwyder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.