Local newsNewsNews

Peinsend oor afrigting

Hy antwoord nie dadelik ‘n vraag nie. Hy neem dit in en dink mooi wat hy wil sê. Nie omdat hy jou om die bos wil lei nie. Omdat hy werklik jou vraag wil beantwoord, om ‘n oplossing te gee.

Hy antwoord nie dadelik ‘n vraag nie. Hy neem dit in en dink mooi wat hy wil sê. Nie omdat hy jou om die bos wil lei nie. Omdat hy werklik jou vraag wil beantwoord, om ‘n oplossing te gee. Dit is hoe Garann Kriek (25), een van die hoofafrigters by iSkills Rugby sy rol as afrigter aanpak. Garann is ‘n Potchefstromer in murg en been. Hy was in Laerskool Mooirivier en het aan Gimmies gematrikuleer. Daarna het hy sy B.Sc-graad in Menslike Bewegingskunde aan die NWU voltooi. “Ek het al vroeg besef dat ek ‘n rugbyafrigter wil word. In my tweede jaar het ek met afrigting by Patria begin help. Ek het dadelik geweet ek moet hierdie doen,” vertel Garann wat ook vir die ‘Young Gunz’ in die Varsity Cup en die Luiperds se o.21-span gespeel het. In 2019 het Garann vir André Pretorius, stigterslid van iSkills, genader om te hoor of hy nie kan help met krag en kondisionering by iSkills nie. “Ek het hom van my speeldae af geken. Hy het vir my gesê dit is asof ek gestuur is,” verduidelik hy oor hoe hy by iSkills betrokke geraak het. In dieselfde jaar het hy sy Vlak 2 afrigtingskursus in wêreldrugby voltooi. “Dit het al hoe minder krag en kondisionering geword en al hoe meer rugbyafrigting,” lag hy. Waar sien jy jouself oor ‘n paar jaar? Die bekende stilte terwyl hy dink oor die antwoord. “Ek dink aan my drome soos ‘n legkaart. Hoe moet ‘n topvlak-afrigter lyk? Watter eienskappe moet hy hê? Dan werk ek daaraan om elke stuk van die legkaart te bou. As daar ‘n sielkundige aspek is wat binne die legkaart pas, dan gaan maak ek seker ek lees soveel moontlik daaroor of praat met mense wat meer weet as ek. Ek probeer altyd ten minste een ding uit ‘n gesprek of boek vat,” verduidelik hy sy filosofie. Volgens Garann is hy eintlik heel bevoorreg om op so ‘n jong ouderdom saam met sulke goeie afrigters of soos hy sou sê, mentors, te werk. Benewens Pretorius, werk hy ook nou saam met Bert Moolman, die Luiperds en NWU se krag- en kondisioneringsafrigter. “Bert is soos ‘n eindelose put van kennis. Ek probeer soveel as moontlik by hom, coach André en die res van die bestuur by die Luiperds leer,” sê hy. Garann is nie net ‘n jong opkomende afrigter nie, maar is iemand wat baie dink oor die sport van rugby. Nie net oor die vaardigheid of taktiek en strategie nie, maar ook die sielkundige aspek van die sport. Moenie die fout maak om hom as bot af te skryf nie. Hy praat nie baie nie, maar selfs op so ‘n jong ouderdom praat hy met gesag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button