NewsNews

Vermiste Barberton-vrou se motor steeds soek

Haar voertuig is laas week, Woensdag, 3 November op die R53 tussen Potchefstroom en Ventersdorp op die NAVIC-sisteem waargeneem

Die soektog na ‘n vermiste vrou van Barberton, Karen Botma (38),  duur voort na dit in die lig gekom het dat haar motor nie soos voorheen gekommunikeer is, in Brits op Saterdag, 6 November gevind is nie. 

Barend van den Heever van Valke Sekuriteit noem dat daar ‘n vemoede was dat dit Botma se voertuig in Brits was, maar hy bevestig dat dit nie haar voertuig is nie en dat die soektog steeds voortduur. 

Botma is verlede week Dinsdag, 2 November as vermis aangemeld by die Barberton SAPD.

Haar voertuig is laas week, Woensdag, 3 November op die R53 tussen Potchefstroom en Ventersdorp op die NAVIC-sisteem waargeneem en sodoende was die kanse goed dat die voertuig in die Noordwes en omliggende areas was.

Sy bestuur ‘n rooi Toyota Etios Cross met die registrasienommer, JKD 189 MP.

Enigeiemand met bykomende inligting kan vir Barend van den Heever van Valke Sekuriteit by 071 533 1095 of die Barberton SAPD by 013 712 2233 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button