‘n Miljoenêr se ingesteldheid rondom jou aftrede beplanning
Is jy 50 jaar en jonger? Voel aftrede nog ver? Het jy te min geld om regtig nou al vir aftrede te spaar?

Is jy 50 jaar en jonger? Voel aftrede nog ver? Het jy te min geld om regtig nou al vir aftrede te spaar? Dit is die tipiese vrae waarmee meeste mense vandag worstel.
Die aantal millennials wat tot ‘n formele aftreevoorsiening bydra, word op 38-44% geraam. Tans kan net sowat 6% van mense in Suid-Afrika bekostig om gemaklik af te tree. Ongelukkig dink die meeste mense eers later in hul lewe aan aftreebeplanning wanneer die geleentheidsvenster reeds begin toegaan het.
Die belangrikheid van vroeg begin, kan in die volgende voorbeeld uitgelig word. Tebogo begin op ouderdom 25, R500 per maand spaar. Hy verdien 10% per jaar na koste. Hy doen dit vir 10 jaar en moes toe weens omstandighede ophou. Annie begin op 35 spaar, ook R500 per maand. Sy verdien ook 10% per jaar na koste. Annie hou egter aan vir 30 jaar. Wie gaan die meeste kapitaal beskikbaar hê op ouderdom 65? Annie gaan die bedrag van R1 130 000 hê, terwyl Tebogo ongeveer 58% meer gaan hê teen R1 787 000. Dit net omdat hy 10 jaar vroeër begin het.
Berekeninge toon ook dat elke 5 jaar wat jy wag om te begin spaar, jou geld soveel as kan halveer, by aftrede. Die bedrag wat jy dus kan begin spaar, is minder belangrik as dat jy vroeg begin spaar.
Ten spyte van beperkinge kan ons ook nie die belastingvoordele van bydraes in aftreefondse ignoreer nie. Jy kan tussen 18% en 41% van jou bydraes in belasting spaar, afhangend van jou marginale belastingkoers.
Jenwil nooi die mense van Potchefstroom om ons Vroegtydige Beplanning vir Aftrede webinaar (via Zoom) Dinsdag, 16 November om 18:00, by te woon. Ons gasspreker is bekroonde entrepreneur en skrywer van die boek “Millionaire at 22”, Albert van Wyk. Ons kry ook insette van “money coach” Estelle Marais. Registreer by (018) 175 0140 of stuur ‘n e-pos na adminpotch@jenwil.co.za of besoek https://www.facebook.com/jenwilbluestarpotch.




