Woensdagaand, 10 November was een van Laerskool M.L. Fick se hoogtepunte vanjaar met die aanbieding van hulle Carols by Candlelight konsert.
Op hierdie warm somersnag het M.L. Fick se lig helder geskitter met Dewald Grobler en Johan Schlebusch wat pragtige Kersliedere gesing het. Jonk en oud het hierdie pragtige konsert geniet en ‘n feestelike tyd beleef.
Foto’s: Verskaf
“Emmies, hul ouers en die gemeenskap van Potchefstroom het hulself oortref met skenkings van nie-bederfbare kosprodukte. Baie dankie aan elkeen wat ons ondersteun het. Ons sien reeds uit na volgende jaar se Carols By Candlelight,” noem die skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!












