
Die musiek het behoorlik gevloei die afgelope Saterdag, 20 November, tydens die vyfde Lyrimus Sessions musiekvertoning.
Braam Coetzer, Jananda Coetzer, Chrisna Pienaar, Sampie Claassen en Rico Mentz het bewys dat hier baie talent in verskillende musiekstyle in Potch is.
Foto’s: Wouter Pienaar
LyriMus gee juis vir plaaslike sangers en musikante die geleentheid om voor ‘n nugter gehoor op te tree, waar musiek in sy rou vorm gewaardeer kan word.
Sampie was eerste aan die beurt en het veral met sy weergawe van Gé Korsten se “Liefling” die gehoor op hulle voete gehad.
Chrisna se weergawe van “Memory” in Cats, sowel as Celine Dion se “How Does A Moment Last Forever” was ook puik uitgevoer en met luide applous ontvang. Haar jonger broer, Rico, het ook ‘n indrukwekkende duet saam met haar opgevoer met Elvis Presley se “Can’t Help Falling In Love.”
Rico het ook een solostuk opgevoer met ‘n emosionele akoestiese weergawe van Coldplay se “Fix You.” Jananda het begin met “Shallow” uit A Star Is Born se klankbaan, sowel as uitstekende verwerkings van “Sugarman” van Rodriguez en “Paper Men” van Helena Hettema.
Braam het sy dogter toe op die verhoog vergesel met “Halala Afrika” voordat hy self weggetrek het met “Country Roads” “Master Jack” en Neil Diamond se “Play Me” en “Crunchy Granola Suite”.
As Potchefstromers nog nie hierdie musiekopvoerings beleef het nie is dit hoog tyd.
Kontak Braam Coetzer by 082 570 4838. vir enige navrae
















