J.B. Marks reageer nie op vrae van kragkrisis: AfriForum nader Nersa
AfriForum verklaar dispuut by Nersa nadat J.B. Mars munisipaliteit nie op vrae reageer nie.
AfriForum het onlangs ’n skrywe aan die J.B. Marks munisipaliteit gestuur aangesien gereelde kragonderbrekings in Ventersdorp al vir ’n geruime tyd, veral in die nywerheidsgebied, voorkom. Die skrywe het egter onbeantwoord gebly.
AfriForum was genoop om ‘n dispuut by Nersa te verklaar en Nersa het onderneem om die saak te ondersoek en binne 120 dae verslag te doen.
“Dit is werklik skreiend dat die munisipaliteit so min omgee vir ‘n gemeenskap wat in hulle gebied val en wat groot probleme ervaar. Indien daar nie baie dringend aan hierdie saak aandag gegee word nie, sal sake-eienaars Ventersdorp verlaat en sal dit ‘n spookdorp word waarvan die munisipaliteit in elk geval geen inkomste sal ontvang nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.