CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Nuwe rum word by Rooy Kosmark bekend gestel

Die mark wat bekend is vir hulle heerlike eet- en drinkgoed en hope pret vir kinders word vir die laaste keer hierdie jaar aangebied.

Suncamino Floral Rum met hibiscus, heuningblom en lemoenbloeisels word by die Rooy Kosmark hierdie Sondag (28 November) bekend gestel. Die mark wat bekend is vir hulle heerlike eet- en drinkgoed en hope pret vir kinders word vir die laaste keer hierdie jaar aangebied.

Van 10:00-15:00 kan is daar by die Van Rooyensaal (Piet Bosmanstraat) vir die kleinspan gesigverf, ʼn verskeidenheid speletjies, ʼn springkasteel en trapkaskarre om hul besig te hou terwyl ma en pa na hartelus proe.

Vir die dorstiges is daar granadilla gin en boetiek bier en wyne te koop en vir die  hongeres is heerlike Maleise lamskerrie, tradisionele skaapafval, beesstert met stampmielies, kerrie en rys en outydse lewerkoekies. Daar is selfs vir die vegans heerlike Meksikaanse vegan-disse en vars micro kruie op die spyskaart.

Indien jy op die uitkyk is vir ʼn spesiale geskenk vir Kersfees kan jy rondsnuffel tussen silwer juweliersware, geskenkies vir babas, houtmodelle en kralewerk. Versamelaars van oudhede kan met die kattebakverkoping (Car Boot Sale) dalk ook ‘n verrassing of twee ontdek.

Toegang is gratis en onthou dat alle Covid-19-regulasies toegepas word. Uitstallers en besoekers is verbind tot Covid-19-protokol. Diegene wat graag nog deel wil wees van die mark en hul produkte of goedere wil verkoop, kan gerus vir Tania by 079 918 2092 kontak. Stuur ʼn epos na hullabaloo.decorhire@gmail.com. Die volgende mark word weer op Sondag, 27 Februarie 2022 aangebied. Tania van Rooyen, ‘n professionele sjef reël die mark al vir die afgelope ses jaar en met die meer as 50 stalletjies sorg sy dat die fynproewer se sintuie behoorlik geprikkel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button