CommunityNewsNewsPhoto Galleries

VLU Leeuhartlede word vereer

Gedurende die laaste maandvergadering in November is dames van die VLU Leeuharttak vir ‘n jaar se harde werk aan takkompetisies beloon.

Gedurende die laaste maandvergadering in November is dames van die VLU Leeuharttak vir ‘n jaar se harde werk aan takkompetisies beloon.

Die dames wat almal trofeë ontvang het, was Margaretha Peach (breiwerk), Elsa Reinecke (masjienborduurwerk en masjienwerk), Susan Vlok (fotografie, skilderkuns en blommerangskikking), Kinnie Yssel (skryfkuns), Elize Oosthuizen (hekel, borduurwerk en hoogste punte vir ‘n artikel behaal), Gerty Huyzers (herwinningsprojek), Annatjie van der Ryst (konstante deelname oor twee jaar) en Ineke Bakker (kombuis, handvlyt, ope en hoogste punte vir 2021).

Leeuhart-tak se pryswenners is Jacoba Ras, Kinnie Yssel, Susan Vlok, Elize Oosthuizen, Margaretha Peach, Gerty Huyzers, Annatjie van der Ryst en Ineke Bakker. Elsa Reineke was afwesig. Foto’s: Verskaf

Elize Oosthuizen, Margaretha Peach, Jacoba Ras, Annatjie van der Ryst, Pierenè Verster en Ineke Bakker is ook met koekvurkies/teelepels beloon vir elke 2 000 punte wat hul deur die jaar ingesamel het. Leeuhart is ook baie trots op Elize Oosthuizen wat vanjaar die hoogste toekenning gedurende die SAVLU Kongres in Oktober ontvang het. Elize het gesamentlik die meeste punte behaal vir haar artikels wat na die SAVLU Kongres toe deurgedring het.

Gerda Swart (NWVLU president) het die sertifikaat namens die Noordwes VLU in Pretoria in ontvangs geneem en Genè Conradie (Sonneblom streekvoorsitter) het die sertifikaat aan Elize Oosthuizen by die Leeuhart-tak oorhandig.

Dames wat belangstel om by die Vroue Landbou Unie (VLU) betrokke te raak, kan Ineke by 082 786 6820 kontak. Die taklede vergader elke derde Woensdag van die maand om 14:00 in die kerksaal van NG Mooirivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button