Leeuhart VLU vereer lid met 20 jaar diensknopie
‘n Paar Leeuhart-vriendinne het die afgelope week by Annatjie Fouché in Groen Wilgers gaan kuier om haar 20 jaar diensknopie te oorhandig.
‘n Paar Leeuhart-vriendinne het die afgelope week by Annatjie Fouché in Groen Wilgers gaan kuier om haar 20 jaar diensknopie te oorhandig.
Annatjie het by die Vroue Landbou Unie (VLU) op Ottosdal aangesluit, waar sy ‘n baie aktiewe lid was en in die bestuur gedien het. Sy het een jaar by die plaaslike skou vyf bekers vir haar gebak, preservering en tuinbou ontvang.
In 2015 sluit Annatjie by Leeuhart-tak in Potchefstroom aan waar sy ook hier ywerig aan kompetisies deelneem. Sy was lief vir bak, preservering en menige blomme uit haar eie tuin het op die kompetisietafel gepronk. Sy het ook ‘n pragtige trofee ontvang vir die mooiste roos wat sy in drie agtereenvolgende jare gekweek het.
Hoewel Annatjie se gesondheid dit nie meer toelaat om langer lid van die VLU te wees nie, word sy steeds deur haar Leeuhart-vriendinne geëer.
Dames wat belangstel om by die VLU betrokke te raak, kan Ineke Bakker by 082 786 6820 kontak. Die Leeuhart-tak vergader elke derde Woensdag van die maand om 14:00 in die Mooirivier NG Kerk se saal.



