Die jaar se Mooirivier Kersmark wat vanaf 22 November tot 4 Desember plaasgevind het kan gebrandmerk word as ‘n reuse sukses. Daar was ‘n breë verskeidenheid van produkte wat mense kon koop as oulike geskenkies of indien jy lus was, eerder jouself met ‘n ietsie nuut bederf.
Daar was baie mense wat deurbeweeg het en met elke oogopslag iets nuuts gevind het wat die aandag trek. Stalletjies het gewriemel met allerlei smaakvolle items soos handgemaakte produkte wat onder andere juwele, houtwerke, jams, brode en sepies insluit, sowel as ander oulike stalletjies speelgoed vir die kinders, oulike ornamente en handsakke om maar net ‘n paar voorbeelde te noem.
Hierdie is die tipe mark wat beide die manlike en skoner geslag sal geniet, daar is verseker iets vir almal en jy kan berus by die feit dat jy iets interessant sal vind. Maak seker dat jy nie volgende jaar se kersmark misloop nie.













