NewsNews

PAWS se hokke vol water na groot reënval

Van die hokke is ook gedeeltelik onder water en personeel moes van die honde rondskuif.

Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) is gedeeltelik onder water na vanmiddag (Sondag, 2 Januarie) se groot reënstorm.
PAWS het op hulle Facebookblad foto’s gedeel waar werkers hulle bes probeer om die oortollige reënwater weg te skep en te vee.
Foto: PAWS/Facebook
Van die hokke is ook gedeeltelik onder water en personeel moes van die honde rondskuif. Hulle benodig tans dringend komberse om alles te vervang wat nat is en sal graag die gemeenskap se hulp wil kry in hierdie verband.
“Ons het al die nat kombere uitgehaal en ons hoop dat die son dit kan uitdroog vandag. Die probleem is dat ons nie nat komberse vir die diere kan gee nie, omdat hulle sal siek raak. Ons benodig komberse en sal die publiek se bystand waardeer,” noem Paws se bestuurder, Herman van der Sluis.
Van der Sluis noem ook dat hy ‘n drein moes oopkap gisteraand om water te laat afvloei uit Paws se perseel uit.
“Die probleem is dat groot hoeveelheid water hier by Paws dit in ‘n mini-vallei omskep en dat water nie mooi afvloei in die dreine in nie. Ons benodig iemand wat die dreinering vir ons kan verbeter en kan help met hierdie siviele werk. As dit weer so reën dan sit ons met dieselfde probleem,” noem hy.
Volgens Van der Sluis is daar ook ‘n behoefte om diere aan te neem in hierdie tyd veral met die hokke wat vol water is.
“Ons moes die honde bymekaar sit en sover kom hulle darem oor die weg met mekaar. Dit sal baie help as mense van die honde tydelik kan aanneem terwyl ons die dreinering verbeter en die hokke opknap en droogmaak.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button