NewsNews

Potch(oor)stroom na hewige reënval

Nie net was dit 'n stormagtige reënbui nie, maar hierdie hoeveelheid water het ook die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp versper wat verkeer erg ontwrig het.

Die hemel se sluise het vanmiddag, Sondag, 2 Januarie, behoorlik in Potchefstroom oopgegaan met tussen 70-100mm reënval wat deur verskeie inwoners oor ‘n tydperk van 4 ure gemeet is.

Video: ReënvalSA/Facebook

Foto: Wimpie Jacobs/Facebook

Nie net was dit ‘n stormagtige reënbui nie, maar hierdie hoeveelheid water het ook die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp versper wat verkeer erg ontwrig het.

Die Wasgoedspruit in Potch na die storm. Foto: Bertus le Roux

Die reënwater het in erwe ingestroom en grasperke in tydelike klein “damme” verander.

Wasgoedspruit se walle was ook oorvol na die reënval, terwyl die Mooirivier ook behoorlik gevloei het.

Die SAPD, verkeersdepartement, brandweer sowel as rampbestuur raai motoriste aan om versigtig te moet wees op die N12 weens hierdie oorstromings.

Foto: Anna-Marie Mentz/Facebook

* Potchefstromers kan foto’s van vandag se storm en die ligging daarvan na wouter.pienaar@media24.com stuur vir publikasie. 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button