NewsNews

Foto’s: Erwe en strate propvol water in Potch

Inwoners het foto's op sosiale media geplaas oor hulle ervaring van gister se storm in Potch.

Gistermiddag se reënbui in Potchefstroom het inwoners behoorlik onkant getrap met die hoeveelheid reën (ongeveer 90-100mm) wat sekere gedeeltes van die dorp met water deurdrenk het.

Weervoorspellings het aangedui dat daar ongveer 0.9mm reënval voorspel was, maar toe pak die wolke saam op skouspelagtige wyse.

Potchefstromers het gister (2 Januarie) en vandag (3 Januarie) foto’s op sosiale media gedeel rondom die groot hoeveelheid reënwater wat in erwe en op die paaie gevloei het.

Terwyl sekere dele in Potch effens minder reën as ander gekry het, was daar groter skade aan huise in Promosa en Ikageng, met die kans dat huise eers ontruim moet word na die waterskade.

Kyk die foto’s hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button