Motoriste moet versigtig wees vir die talle slaggate in Govan Mbeki-rylaan wat ‘n gevaar inhou.
Met die reën wat die sigbaarheid van hierdie gate verswak en dit in klein poele verander, is die kans groot dat hierdie slaggate net met tyd sal vererger.
Foto’s: Wouter Pienaar


Hierdie gate is mees prominent op die hoek van Viljoenstraat en Govan Mbeki-rylaan met dele van die teer wat al uitgery is.
Gate in hierdie deel van die pad is al diep en die hele pad vol.

Die Herald was gister op hierdie hoek om foto’s te neem van hoe groot en diep hierdie gate is.
Motoriste moes verskeie kere spoed dramaties verminder om stadig deur die gate te ry. Anders motoriste het probeer om die beste moontlike pad verby die slaggate te probeer vind. Om dit reg te kry moet motoriste van baan verander, en met hierdie gate wat naby ‘n draai in die pad is, kan dit ‘n veiligheidsrisiko vir aankomende verkeer wees.


Buiten die slaggate op hierdie stuk van die pad, is daar ook verdere gate by die hoek van Aarbeilaan en Govan Mbeki, James Moroka-rylaan en Govan Mbeki en Chief Albert Luthuli-rylaan (R53) en Govan Mbeki by die T-aansluiting.
Dit is ‘n afstand van ongeveer 5.3km met vier prominente areas waar slaggate voorkom.
Kyk meer foto’s hier:




Hier is ‘n aanduiding van waar die slaggate voorkom (slaggate in rooi gemerk)




