NewsNews

Facebook-swendelaar kry uitstel weens swak gesondheid

Die vermeende Facebook-swendelaar, Bradford Bilton (47) het vandag (Maandag, 17 Januarie) vir die tweede keer in die Potchefstroomse Landdroshof op vyf klagtes van diefstal en bedrog verskyn.

Die vermeende Facebook-swendelaar, Bradford Bilton (47) het vandag (Maandag, 17 Januarie) vir die tweede keer in die Potchefstroomse Landdroshof op vyf klagtes van diefstal en bedrog verskyn. Die saak is weens mediese redes tot Dinsdag, 25 Januarie, uitgestel.

Bilton, ‘n berugte swendelaar, is op 27 Desember 2021 in Potchefstroom gearresteer nadat een van sy slagoffers onraad vermoed het. Hy het op 28 Desember vir die eerste keer in die hof verskyn. Hy is borg geweier. Vandag het Bilton in sy tweede verskyning moeg en afgemat gelyk.

Hy moes die regter ook vra of hy kon sit aangesien hy weens mediese redes nie lank kon staan nie. Bilton het eers die aansoek om visuele mediadekking vir sy hofverskyning teengestaan, maar na ‘n kort konsultasie met sy regsverteenwoordiger is daar besluit dat media wel beeldmateriaal kan neem.

Bradford Bilton het vanoggend (Maandag, 17 Januarie) vir die tweede keer in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn. Foto: Wouter Pienaar

Bilton se regsverteenwoordiger het gevra vir uitstel weens sy swak gesondheid. Sedert hy gerarresteer is, is daar blykbaar nog nie genoeg mediese sorg toegedien nie.

Hy is eers na ‘n kliniek in Ikageng geneem, waarna hy na Potch Hospitaal verwys is. Sedertien was hy tot met sy tweede verskyning in die hof, saam gevangenes in aanhouding. Bilton bly in aanhouding (met mediese sorg) tot en met sy volgende hofverskyning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button