Daar is vanoggend (Dinsdag, 18 Januarie) in die hooggeregshof in Pretoria beslis dat die 2021 matriekuitslae wel vanjaar in die media gepubliseer moet word.
AfriForum, Maroela Media en Anlé Spies se hofaansoek is toegestaan vanoggend dat die matriekuitslae bekendgemaak mag word.
Regter Anthony Millar het die aansoek toegestaan nadat die Departement van Basiese Onderwys nie die aansoek teengestaan het nie.
Die Departement van Basiese Onderwys het vroeër vanjaar genoem dat die matriekuitslae nie in die media gepubliseer mag word nie.
Volgens AfriForum is dit ‘n groot oorwinning dat die inligting bekend gemaak kan word sodat daar ‘n maatstaf vir onderrig in die land is. Die matriekuitslae word op Vrydag, 21 Januarie vrygestel.



