NewsNews

Bestuurder daag plaaslike besighede uit om slaggate te herstel

Jaco Steyn, die bestuurder van Supanet in Potchefstroom, is besig met ‘n inisiatief om besighede uit te daag om slaggate in Potchefstroom en die omliggende areas reg te maak.

Jaco Steyn, die bestuurder van Supanet in Potchefstroom, is besig met ‘n inisiatief om besighede uit te daag om slaggate in Potchefstroom en die omliggende areas reg te maak.

Steyn en sy span het Saterdag, 29 Januarie ‘n groot slaggat met ‘n koue teermengsel gevul.

Met al die slaggate in Potchefstroom voel Steyn dat die gemeenskap moet saamstaan en ‘n plan maak om die situasie te verander. Steyn noem dat hy hierdie gate uit eie sak wil herstel om ‘n diens aan die gemeenskap te lewer.

‘n Foto van hoe die slaggat eers gelyk het.

Hy vertel ook dat hy persoonlik besighede/lede van die gemeenskap sal gelukwens as hulle die inisiatief neem en ook slaggate herstel.

“Dit is belangrik om ons deel vir die gemeenskap te doen en daar is reeds groot sukses in Klerksdorp en Stilfontein behaal waar daar oor naweke meer as 100 slaggate gevul word.

Jaco Steyn, bestuurder van Supanet in Potchefstroom, (heel links) is besig met ‘n inisiatief om besighede uit te daag om slaggate reg te maak in Potchefstroom en die omliggende areas. Foto: Wouter Pienaar

“Ek sal self ook besighede help met ‘n bydrae vir die toerusting en produkte om die slaggat te vul,” noem hy. Vir meer inligting kan Jaco by 076 208 5912 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button