NewsNews

Waterlek maak pad onrybaar

‘n Waterlek in die teerpad oorkant Peter Mokabastraat 233 het die afgelope paar weke groot slaggate in die pad veroorsaak.

‘n Waterlek in die teerpad oorkant Peter Mokabastraat 233 het die afgelope paar weke groot slaggate in die pad veroorsaak. Die gevolg hiervan is dat inwoners sukkel om uit hulle erwe te ry sonder om hul bande te beskadig.

Inwoners sukkel nou al ‘n geruime tyd met die waterlek.

Mnr. Ettienne Pretorius noem dat hierdie slaggat direk voor sy oprit dit moeilik maak om daagliks in en uit sy erf te ry sonder om sy bande te beskadig.

“Dit is baie frustrerend. Ek het hierdie waterlek en slaggat al op die Requestor App gerapporteer, maar die munisipaliteit kom net nie uit om dit reg te maak nie. Die slaggate maak dit ook vir motoriste amper onmoontlik om hier te ry, omdat hulle vir die gate moet uitswaai of wag vir verkeer. Dit veroorsaak dan opeenhopings in hierdie besige straat,” vertel Pretorius.

Hierdie waterlek maak dit onmoontlik vir motoriste om die pad te gebruik. Hulle moet om die slaggat ry om seker te maak dat hulle bande nie beskadig word nie

Toe die Herald Dinsdag, 8 Februarie foto’s van die slaggat en waterlek gaan neem het, was daar ten minste 10 motors wat in ‘n kwessie van twee minute die slaggate moes vermy. Met die groot volumes verkeer op hierdie pad is die kans groot dat hierdie slaggat net sal vergroot as dit nie spoedig herstel word nie.

Volgens DA wyksraadslid, Heinricha Hodgson, is hierdie waterlek en slaggat al telkemale deur verskeie mense aan die munisipaliteit gerapporteer.

Die minusipaliteit se werkers het op Woensdag, 9 Februarie begin om herstelwerk te doen.

* Die munisipaliteit se werkers het teen Woensdag (9 Februarie) omstreeks 14:30 met herstelwerk begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button