NewsNews

Waterlek kry uiteindelik aandag in Frederickstraat

"Elektries kan nie die gat gaan toegooi voordat die erge lek op die sypaadjie én in die pad nie herstel is nie,"

‘n Aanhoudende waterlek in Frederickstraat 23 getuig nie net van swak instandhouding nie, maar kan ook ‘n gevaar inhou met die water wat teen ‘n kragboks opdam.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volgens een van die inwoners, Adéle Burger wat al sedert 2008 in hierdie straat woon, vererger die waterlek jaarliks. Dit affekteer die toestand van haar erf en die teerpad voor hulle huis. Die plante in haar erf kry te veel water en die grasperk is papnat.

Weens die skade wat die water reeds aangerig het, is daar ook groot slaggate voor haar oprit in Bailliepark.

“Ek het op 17 Januarie die waterlek gerapporteer, maar niks gebeur nie. Hierdie situasie affekteer my gesondheid ook omdat ek die hele tyd daaraan aandag gee. ‘n Mens wil nie so leef nie,” vertel sy.

Volgens Burger verlaag die waterlek en die meegaande probleme wat dit skep ook die waarde van haar eiendom. “Ek sal nie die huis in hierdie toestand kan verkoop nie. My gras vrek van al die water.”

Nog ‘n groot probleem is die kragboks langs haar huis wat met water omring is. “Dit is ‘n baie gevaarlike situasie. Netnou ontplof die kragboks. Miskien sal iemand dan uitkom,” sê sy moedeloos.

Die DA wyksraadslid, Anné van Onselen, noem dat sy ook al sedert 1 Februarie die probleem rapporteer.

“Ek het die bestuurder en toesighouer by infrastruktuur: Water en Riool gekontak. Ek het elke derde dag met albei van hulle opgevolg oor die werk wat baie dringend daar gedoen moet word. Elektries kan nie die gat gaan toegooi voordat die erge lek op die sypaadjie én in die pad nie herstel is nie,” noem sy.

Van Onselen lê ook klem daarop dat die hele waterpyp vervang moet word en nie geklamp moet word nie.

*Die munisipale kontrakteur het Dinsdag, 15 Februarie omstreeks 15:45 uiteindelik by Burger se huis opgedaag om te begin om die waterlek te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button