Dr. Pieter Mulder is die gasspreker by Noordwes Genealogie se volgende byeenkoms wat Saterdag, 5 Maart om 10:00 by die Potchefstroom Museum (op die hoek van Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat) gehou word.

Die titel van sy praatjie gaan handel oor die unieke geskiedenis van die Parlement en die geskiedenis wat deur die brand op 2 Januarie vanjaar verwoes is.
Die bekende dr. Mulder is ‘n oud-politikus, parlementslid vir meer as 30 jaar, ‘n adjunkminister. Hy was ook ‘n professor in kommunikasie en is ‘n geliefde inwoner van Potchefstroom vir meer as 52 jaar.
Uit sy pen verskyn die boek: “Kan Afrikaners Toyi, Toyi” (2008) wat ‘n binneblik op interpersoonlike verhoudings en die gebeure in die Parlement uitbeeld. Almal is baie welkom om die geleentheid by Noordwes Genealogie by te woon.
Vir verdere inligting kontak Miems Lamprecht by (018) 299 5042.




