
‘n Bestuurder van ‘n voertuig het van ‘n ongelukstoneel af weggery nadat dié ‘n motor in Walter Sisulu rylaan in die vroeë oggendure van Saterdag, 12 Maart gestamp het.
Hierdie ongeluk het net na 02:00 plaasgevind.
Volgens NW polisiewoordvoerder, Kol. Adele Myburgh, het ‘n 18-jarige vrou met haar voertuig uit die parkeerarea in trurat beweeg toe die ander voertuig, wat na bewering oor die spoedgrens gery het, haar voertuig getref het.
Daar is skade aan die linkerkant (voor en in die middel) van haar voertuig. Die bestuurder van die ander voertuig het van die ongelukstoneel gevlug.
“Die besonderhede van die persoon en tipe voertuig is onbekend. Daar is ‘n ongeluksverslag geopen, geen persoon is tydens die insident beseer nie,” het Myburgh bevestig.




