
Laerskool Mooirivier en Laerskool Bailliepark se eerstespanne het verlede week (10 Maart) tydens Laerskool M.L. Fick se aandreeks mekaar die stryd aangesê.
Dit was in alle opsigte ‘n taai wedstryd wat Mooirivier met 17- 12 gewen het.
Die aandreeks wat Emmies aanbied is altyd ‘n goeie voorbereiding vir die liga wat na die vakansie gaan afskop.
Mooirivier het ook Saterdag (12 Maart) in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Rissiville met 45 – 0 gewen. Terwyl Baillies vroeër teen Saamtrek 20 – 10 en teen Vryheidsmonument 15 -0 gewen het.
Die aandreeks gaan vandag (15 Maart) by M.L. Fick se velde voort. Bailliepark, Mooirivier en M.L. Fick het verskei spanne wat vanaand in aksie gaan wees. M.L Fick en Mooirivier se o/13 spanne gaan 15:50 en 16:40 onderskeidelik op Volkies se A-Veld speel.



