Ouma van Promosa vier 111de verjaarsdag
11 Maart 2022 was ‘n sprankelende verjaarsdag vir die 111-jarige Dikeledi Betty Singiselo van Promosa, Baipei. Ouma Betty wat alleen in haar huis woon, is vanjaar met ‘n spesiale verjaarsdag danksy die intervensiespan van Promosa Sekondere Skool bederf. ‘n Dame genaamd Lereec Sherbai, is ‘n vrywilliger wat haar ontferm het oor Ouma Betty. Op 4 …
11 Maart 2022 was ‘n sprankelende verjaarsdag vir die 111-jarige Dikeledi Betty Singiselo van Promosa, Baipei. Ouma Betty wat alleen in haar huis woon, is vanjaar met ‘n spesiale verjaarsdag danksy die intervensiespan van Promosa Sekondere Skool bederf.

‘n Dame genaamd Lereec Sherbai, is ‘n vrywilliger wat haar ontferm het oor Ouma Betty. Op 4 Maart 2022 het Lereec na verskeie organsisasies gegaan om hulp te vra om Ouma Betty se 111de jaar op aarde te vier.
Uiteindelik het Natasja Barends, van die Intervensiespan wat huidiglik aktief is te Promosa Sekondere Skool en een orginasasie, genaamd Viavest genader. Die Intervensiespan het ingespring en gesorg vir die partytjie, benodighede en Viavest het die heerlike verjaarsdagkoek geskenk.
Die dag was suksesvol met dans, sang en verskeie sprekers wat vertel het van die tyd wat hul saamwoon in die gemeenskap met Ouma Betty.

Ouma Betty het vertel dat sy eers in ‘n sinkhuisie gewoon het tot die Here haar geseën het met ‘n steenhuis. Nogtans kook sy nog op die vloer met ‘n twee plaat stofie, haar huise het geen plafon, die vloer benodig teëls en haar huisie se elektriese bedrading werk nie. Sy gebruik ‘n kers saans en dit is ‘n veiligheidsrisiko. Ouma Betty se geheim om lank te lewe is net soos die bybel ons leer “Eer jou vader en jou moeder dan sal jou dae op die aarde verleng word, sy kon dit nie genoeg beklemtoon nie.
Een van Promosa se gemeenskapsleiers, Glenville Fransman, het ook sy gevoelens oor die dag uitgespreek: “Vir my as jongman, ouer en leier van Promosa was die gevoelens maar baie gemeng aangesien ons as deel van die span kon deel wees van so geleentheid, maar my ook moes beskaam oor die haaglike omstandighede waarin ouma Betty moet bly.” D
ie Promosa sekondere skool intervensiespan doen ook ‘n beroep op die leiers van wyk 13 en 17 en die besighede in Promosa en Potchefstroom om enige donasies te skenk om Ouma Betty se lewe makliker te maak.
Skakel gerus vir Glenville Fransman vir verdere navrae by 084 719 5970.




