NewsNews

Vullisterrein se nuwe plaaslike kontrakteur maak groot verskil volgens oudit

Luidens die jongste syfers in die verslag, het die vullisterrein in Potchefstroom in 2022 op 82% geëindig.

Die vullisterrein in Potchefstroom lyk stukke beter met ‘n 34% verhoging in die jongste vullis oudit wat AfriForum gedoen het. Hierdie verbetering in die vullis oudit is danksy die J.B. Marks Munisipaliteit se aanstelling van ‘n nuwe plaaslike kontrakteur in Desember 2021.

Luidens die jongste syfers in die verslag, het die vullisterrein in Potchefstroom in 2022 op 82% geëindig. Dit is ‘n drastiese toename in vergelyking met die vorige twee jare se syfers van 15% in 2020 en 48% in 2021.

Die vorige kontrakteur was byna nooit op die vullisterrein om die werk te verrig nie. Die permanente aanstelling van ‘n nuwe kontrakteur blyk sover ‘n groot verskil in hierdie dienslewering te bewerkstellig.

“Hierdie is net nog ‘n voorbeeld vir die regering dat die antwoord vir beter munisipale dienste by die gemeenskap lê wat hand kan bysit om die werk te doen.

Die kontrakteurs wat deur munisipaliteite aangestel word, is oor die algemeen onbevoeg om die werk te verrig, aangesien die munisipaliteit meer bekommerd is om te voldoen aan politieke voorskrifte as om hul verantwoordelikhede teenoor gemeenskappe na te kom,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

“Dit was ‘n belewenis om hierdie oudit te doen. In ‘n woestyn van wanbestuurde vullisterreine in die Mooirivier, was hierdie vullisterrein ‘n ware oase. “Ons is dankbaar dat die plaaslike munisipaliteit die lig gesien het en ‘n bevoegde kontrakteur aangestel het.

“Dit was lekker om met die persoon in beheer by die vullisterrein te gesels en te beleef hoe toegewyd hy aan sy werk is. Al die werkers op die terrein is trots op hul werk,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button