NewsNews

Regering maak bespotting van openbare deelname rakende Covid-19 rampregulasies – VF Plus

"Waarom enigsins die publikasie hiervan as die regering by meer as een geleentheid aangekondig het dat die ramptoestand opgehef gaan word?"

Die publikasie van voorgestelde nuwe Covid-19-rampregulasies met ʼn uitnodiging aan die publiek om teen Vrydag 1 April daarop kommentaar te lewer, maak eerstens ʼn bespotting van openbare deelname, en skep tweedens verwarring oor die regering se hantering van die Covid-19-pandemie.

So meen mnr. Michal Groenewald, die Vryheidsfront Plus se provinsiale leier in Noordwes, nadat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini Zuma, die publiek slegs drie dae gegee het om insette te lewer oor hierdie belangrike saak.

“Hierdie jongste voorgestelde regulasies is in stryd met die regering se gestelde voorneme om die ramptoestand op te hef. Dit strook ook nie met vroeëre ondernemings deur minister Dlamini Zuma nie. Die departement van gesondheid is tans ook in ʼn proses van openbare deelname vir nuwe regulasies met ʼn sperdatum van 15 April. Sulke teenstrydighede in regeringsbeleid skep onsekerheid en wantroue in die regering se motiewe,” noem Groenewald.

“Waarom hierdie haas met ʼn spertyd van drie dae ná die publikasie van die voorgestelde regulasies? Waarom enigsins die publikasie hiervan as die regering by meer as een geleentheid aangekondig het dat die ramptoestand opgehef gaan word?,” voer Groenwald verder.

Die Vryheidsfront Plus is ook van mening dat hierdie vooropgestelde regulasies net ‘n magspel is en op oneerlikheid teen die SA bevolking neerkom.

“Dit wil voorkom of elemente in die regering poog om met die uitreiking van nuwe regulasies dié wetgewing te omseil om steeds ongehoorde mag aan die regering te gee. Die VF Plus sal voortgaan om druk toe te pas vir die volledige beëindiging van die ramptoestand en op alle maatreëls wat ʼn negatiewe impak op ekonomiese groei en burgers se grondwetlike regte het,” eindig Groenewald af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button