NewsNews

Leë huise ’n teiken vir koperdiewe

Inbrekers gebruik juis die geleentheid wanneer ‘n huis leeg is om koper en ander waardevolle items te stroop.

Dit blyk dat daar ‘n toename is in misdaad, veral wanneer dit by inbrake in leë huise kom.
Inbrekers gebruik juis die geleentheid wanneer ‘n huis leeg is om koper en ander waardevolle items te stroop.

Daar is verlede week juis in die oggendure, tussen 02:00 en 03:00, by ‘n leë huis in Potchefstroom ingebreek.

Die buurman, wat anoniem wil bly, noem dat toegang deur die dak verkry is toe die dakteëls geskuif is. Die inbrekers kon ook op die dak klim deur die asblik wat buite gestaan het, te gebruik.

“Eers is die koperpype buite gestroop en toe die elektriese bedrading binne die huis. Ek het opgemerk dat my stukkende kragopwekker langs die motorhuis geskuif is en dat my kanthekkie gebreek is. “Toegang is vermoedelik vanaf die onbesette huis se kant verkry,” noem hy.

“‘n Mens moet nie jou alarm en sekuriteitsmaatskappy kanselleer wanneer jy nie meer die plek bewoon nie. “As jy dit nie het nie, laat dit installeer en kry ‘n sekuriteitsmaatskappy om die perseel te monitor.

“Sorg dat jou buite-asblik nie in sig vanaf die straat is nie, aangesien dit net so goed soos ‘n leer is om toegang tot die dak te verkry.

“Indien jy jou eiendom in die mark sit, probeer ‘n reëling tref dat die eiendom ten alle tye bewoon is. Probeer ook om gordyne voor die vensters te los,” sê hy.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button