
Drie gewapende mans het vanoggend omstreeks 02:27 ‘n huis in Pieter de Villiersstraat beroof.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die mans glo ‘n venster en die diefwering gebreek waarna hulle die hoofslaapkamer se deur afgeskop het.
“Ons het ‘n alarm ontvang waarna ons beamptes dadelik reageer het. Die SAPD is in kennis gestel en was ook op die toneel,” het Haefele gesê.
Sover bekend is die rowers met bankkaarte en sleutels vort. Die inwoner van die huis is ongedeerd maar is op die toneel vir skok behandel.
Volgens Haefele word komplekse die laaste ruk deur rowers geteiken. Hy maan inwoners om die nodige stappe te neem om hulleself te beveilig.




