NewsNews

“Ons is baie jammer” – Stoptekenmanewales het ‘n goeie einde in Bailliepark

“Die outjies is baie jammer en deel van die jammer sê ,was om dit te kom plant. Hulle het bietjie geskrik en het besluit om die stopteken terug te sit."

Ongeveer ‘n week nadat twee jong mans ‘n stopteken op die hoek van Holtzhausen- en Piet Cronjestraat gesteel het, het hulle ‘n nuwe stopteken vanoggend (Vrydag, 13 Mei) op dieselfde plek geplant om hulle berou oor die voorval te toon.

Op Woensdagaand, 4 Mei het die twee jong mans die stopteken gesteel, maar is op heterdaad betrap toe die CCTV-kamera hulle aksies vasgevang het. Die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) het hierdie kameras opgerig.

Die BPGP het toe gesamentlik besluit om nie ‘n kriminele saak oop te maak nie, maar eerder die jong mans op ‘n konstruktiewe manier te laat verstaan dat hulle aksies gevolge het.

Die skuldiges het toe vir hulle aksies opgemaak om weer self die stopteken te herstel. Munisipale werkers het bygestaan om seker te maak dat die stopteken mooi stewig ingeplant word.

‘n Skermgreep wat wys hoe die twee jong mans weer die stopteken vanoggend terugplant wat hulle verlede week gesteel het.

Volgens Johann Venter, voorsitter van die BPGP is daar nou ‘n goeie einde aan die storie aangesien die skade weer herstel is.

“Die outjies is baie jammer en deel van die jammer sê ,was om dit te kom plant. Hulle het bietjie geskrik en het besluit om die stopteken terug te sit. Hulle het reggestel wat hulle verkeerd gedoen het,” noem Venter.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/106572/kameras-vang-studente-vas-wat-stopstraat-in-bailliepark-steel/?fbclid=IwAR1X3-NK7do_kHDIaJKS_0GVbvOA9qVI9j5MDH7Oq1GAvs_XUSZWq6vA7ak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button