NewsNews

Gesinne benodig dringend hulp na huisbrand

NG Welsyn Potchefstroom in Maherrystraat 28 sal die sentrale punt wees waar die gemeenskap donasies kan aflewer.

‘n Huisbrand by Westerhof Woonstelle in Beyers Naudelaan 153 het verlede Woensdagaand, 11 Mei verwoesting gesaai.


Die brand het drie gesinne wat op die perseel gewoon het, direk geraak aangesien meestal van hulle besittings in die vlammehel verwoes is.

Daar is niemand tydens die brand beseer nie, maar die gedeelte van die woonstelle waar die gesinne gebly het, is nou onbewoonbaar.

Die vuur wat op Woensdagaand (11 Mei) die groot skade aangerig het. Foto: Verskaf

Sedert die brand is hierdie gesinne, wat sewe kinders van verskillende ouderdomme insluit, die afgelope week op tydelike plekke gehuisves. Die behoefte bestaan steeds dat hierdie gesinne alternatiewe behuising vind.
NG Welsyn Potchefstroom in Maherrystraat 28 sal die sentrale punt wees waar die gemeenskap donasies kan aflewer.

Marizanne Grobbelaar, skakelbeampte van NG Welsyn, beklemtoon dat hierdie gesinne onder meer items soos kruideniers, toiletware, beddegoed en klere benodig.

“Die gemeenskap kan ook monetêre donasies of geskenkbewyse van kruidenierswinkels gee om hierdie gesinne by te staan,” noem sy.

Die kinders se ouderdomme vir klere wissel van 16-17 jaar (seuns), 8-9 jaar, 9-10 jaar (dogters) 4-5 jaar (seuns en dogters) sowel as ‘n 9-12 maande oue baba. Die baba benodig ook formulemelk.
Lede van die gemeenskap kan donasies direk by NG Welsyn in Maherrystraat aflewer.

Die gemeenskap kan ook ‘n geldelike donasie maak en in die volgende rekening inbetaal:

NG Welfare Potchefstroom

Bank: ABSA

Rekeningnommer: 6804 40972

Verwysing: Brand

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, is daar nog nie ‘n amptelike oorsaak vir die brand vasgestel nie.

Sowat ‘n week na die brand is daar steeds mense wat sonder amptelike goedkeuring op die perseel bly. Die prokureur wat namens die eienaar optree, het voor die brand alreeds ‘n aansoek om uitsetting van stapel gestuur. Dit is met betrekking tot die onwettige inwoners in terme van die wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, (Wet 19 van 1998).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button