
Daar was niks wat die twee eersterugbyspanne van Laerskool Bailliepark en Laerskool Mooirivier kon onderskei nie.
Die twee skole het Dinsdagmiddag op Baillies se velde mekaar die stryd aangesê.
Dat dit ’n taai en kompeterende wedstryd sou wees het niemand oor getwyfel nie. Die eindtelling was 15 elk.
Baillies se netbalmeisies kon daarin slaag om naelskraap met 25 – 17 hulle teenstanders te wen.

Die ander uitslae van die ligawedstryde is soos volg:
Rugby:
9A 12-10 Bailliepark wen
9B 15-12 Bailliepark wen
10A 15-29 Mooirivier wen
10B 5-12 Mooirivier wen
11A 0-44 Mooirivier wen
11B 15-14 Bailliepark wen
4e 5-35 Mooirivier wen
3e 12-10 Bailliepark wen
2e 15-12 Bailliepark wen
1e 15-15
Netbal:
10A: 16/11 Bailliepark wen
10B: 2/3 Mooirivier wen
11A: 15-15
11B: 9/6 Mooirivier wen
12A: 21/11 Mooirivier wen
12B: 21/14 Mooirivier wen
13A: 25/17 Bailliepark wen
13B: 18/5 Bailliepark wen



