Laerskool Baillie Park het Vrydag, 27 Mei die voorreg gehad om twee bekende skrywers te ontmoet. Bargain Books het ‘n boekuitstalling gehou en heel gepas het Constant van Graan en Cecilia Steyn met die leerlinge kom gesels.

Cecilia het met die graad 1- tot 4-leerlinge oor haar Lea lief-boekreeks gesels.
Sy het selfs vir die leerlinge ‘n paar wenke gegee oor hoe hulle die regte boek kan kies om te lees. Constant het met die graad 5- tot 7-leerlinge oor sy reeks wat handel oor Josh, ‘n 13-jarige seun wat saam met sy ma na Oos-Afrika reis, gesels.

In die boeke, Jungu Josh leer die kinders ‘n nuwe taal (Manganitaal).
Constant het vir die kinders verduidelik hoe hulle hul eie totemdiere kan identifiseer deur ‘n skakel na sy webtuiste te volg.
Na afloop van die kuier in die skoolsaal het die skrywers reggestaan om boeke te teken.



