NewsNews

ATKV AbbAsorg maak verskil na vullisstorting

"Met die heining glo ons dat die kinders veilig is en ons spreek die hoop uit dat die gemeenskap hierdie poging sal respekteer en nie hulle vullis hier stort nie."

Onwettige vullisstorting is ‘n groot kopseer in Promosa, veral op die hoek van Park en Chris Swartz-strate.

ATKV AbbAsorg Promosa, wat op hierdie hoek geleë is, het besluit om ‘n verskil te maak met ‘n heining en klippe om die terrein weer goed te laat vertoon.

Volgens Elsie Helberg, hoof van ATKV AbbAsorg in Promosa, was dit ‘n spanpoging om die terrein skoon te maak.

ATKV AbbAsorg het ‘n baie klein deel probeer bydra om die hoek beter te laat lyk.

“Ons gooi klippe aan Parkstraat se kant en ons het ook ‘n heining opgesit om die muur van die kleuterskool te beskerm. Wanneer die vullis bymekaar geskraap en opgelaai word, word die muur beskadig en soms heeltemal beskadig.

“ATKV AbbAsorg wil dankie sê aan ATKV Hoofkantoor (Randburg) en Beeld Kinderfonds wat die projek befonds het.

“Met die heining glo ons dat die kinders veilig is en ons spreek die hoop uit dat die gemeenskap hierdie poging sal respekteer en nie hulle vullis hier stort nie. ons word weer trots op waar ons bly en leer ons kinders om die omgewing op te pas en te onderhou.”

Helberg bedank ook vir André Staal, Samuel Mampe en hulle span wat so mooi gewerk het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button