
Die lyk van ‘n baba dogtertjie is vandag (13 Junie) in ‘n asblik gevind.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is dié maatsakppy se mediese reaksie omstreeks 13:00 ontbied nadat ‘n persoon wat blikkies bymekaar maak op die baba se lyk in Albert Luthuli afgekom het.
“Met aankoms was die baba reeds oorlede. Ons pleit by mense wat hulself in so n situasie bevind om eerder gebruik te maak van die babakluise in Potchefstroom. Hierdié kluise word deur Mooirivier Beskerming gemonitor,” het Haefele gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



