SportSport

Volkies sege wys harde werk word beloon

"Ek is baie trots op die ouens, dit was taai maar ons het baie hard gewerk  en die vrugte daarvan gepluk," het Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies gesê. 

Volkies se eersterugbyspan het bewys dat harde werk beloon word.

Dit nadat hulle 26 – 19 teen Wesvalia gewen het. Vroeër in die jaar moes Volkies met ‘n verloor huistoe gaan. Wesvalia het die Potchefstromers tydens die NWU Prestige reeks geklop.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was dit naelskraap wedstryd wat in die heel einde eers gewen is.

“Ek is baie trots op die ouens, dit was taai maar ons het baie hard gewerk  en die vrugte daarvan gepluk,” het de Beer gesê.

Volgens hom was dit ‘n goeie wen vir die span.

“Hulle het ‘n baie goeie span. Ons was dalk op die dag nie tegnies in die kol nie, maar die ouens het regtig vir mekaar gespeel,” het de Beer gesê.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button