NewsNews

Verkoper fnuik meer as 100 klante

André Gouws, ‘n dosent in Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, is een van meer as 100 verbruikers wat ‘n bloutjie met Gearify geloop het.

Met die bekendstelling van internetverkope was die meerderheid verbruikers maar senuagtig om betalings te maak en die waarborg dat hulle wel hul produkte sou kry. Oor die afgelope twee maande het die internethandelaar, bidorbuy bewys dat die bekommernisse oor hierdie aspekte nie heeltemal ongegrond is nie.

Johan Germeshuys, ‘n verkoper van Carletonville, wat onder die naam “Gearify” op bidorbuy handel dryf, het sedert die begin van Mei ‘n oorweldigende meerderheid negatiewe terugvoer van kliënte oor sy dienslewering deur middel van dié internethandelaar gekry. Die algemene terugvoerboodskappe lees: “Produkte nooit afgelewer nie”, of “geen kommunikasie van die verkoper”.

André Gouws, ‘n dosent in Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, is een van meer as 100 verbruikers wat ‘n bloutjie met Gearify geloop het.

“Ek het ‘n boodskap ontvang wat sê dat my koop deur is en verwerk word.”

n Maand nadat hierdie boodskap ontvang is, het Gouws verdere kommunikasie van Gearify ontvang om hom in te lig dat hulle “tegniese probleme” ondervind, maar dat die produk wel op pad is. Saterdag, 11 Junie was die transaksie reeds twee maande afgehandel en volgens Gouws sal hy nou maar moet aanvaar dat dit wat hy gekoop het, nooit by hom gaan uitkom nie.

Alhoewel bidorbuy die Gearify-rekening se verkope en aankope beperk het, was hulle boodskap aan Gouws dat hulle niks aan die situasie kan doen nie en gevolglik sal hy die probleem maar self moet oplos.

Dit blyk egter ook of die internethandelaar die negatiewe kommentaar op hulle webwerf probeer wegsteek deur die instellings só te stel dat die terugvoer nie meer sigbaar is vir ander verbruikers nie.

Volgens die Verbruikersbeskermingswet (Wet 68) van Suid-Afrika het verbruikers die reg tot regverdige en eerlike handel. Dit sluit die misleidende verteenwoordiging van handel in, soos bidorbuy se aksies om die terugvoer op die profiel weg te steek. Gevolglik word die verbruiker se reg tot inligting hierdeur ook beperk.

Vir elke aankope wat ‘n geregistreerde handelaar soos Gearify by hulle behartig, verdien bidorbuy ‘n sekere persentasie kommissie. Hulle kry dus die volle bedrag, waarna die verkoper die deel waarop hy geregtig is, ontvang en bidorbuy die res as vergoeding hou.

Na gelang hiervan, en ook ingevolge die Verbruikersbeskermingswet, kon bidorbuy verbruikers gedeeltelik vergoed vir hulle aankope wat nie ontvang is nie. In plaas daarvan, soos Gouws gemerk het, het bidorbuy nagelaat om enige konkrete stappe in hierdie verband te neem.
Hellopeter is ’n webwerf waarop verbruikers terugvoer kan lewer op internetdienste soos takealot, Amazon en bidorbuy.

Op hierdie webtuiste is daar ook verbruikers wat ander waarsku om twee keer te dink voor hulle van Gearify gebruik maak wanneer hulle bidorbuy gebruik. Verbruikers kla ook in sommige van die kommentaar dat “bidorbuy nie reageer op terugvoer nie en selfs versoek dat terugvoer verwyder word” en dat “bidorbuy” ‘n onredelike terugkeerbeleid het,” veral in vergelyking met ander dienste van sy soort.

Alhoewel bidorbuy onder sy “verbruiker beskermingsbeleid” meld dat jy, indien jy ‘n probleem met jou transaksie ervaar, eers die verkoper self moet kontak, hulle dan skakel indien jy nie terugvoer kry nie en daarna sal hulle jou geld aan jou terugbesorg, is dit nie altyd die geval nie.
Die Gearify-bidorbuy-saga getuig hiervan.

Voor jy dus besluit om die “continue to payment”-opsie te kies, gaan lees eers die terugvoer en kommentaar vanaf vorige verbruikers om jouself van ‘n potensiële bloutjie te beskerm.

Sondagaand, 12 Junie het bidorbuy vir Gouws laat weet dat hulle sy klag “heroorweeg” het en besluit het om die geld aan hom terug te besorg. Of hulle dit met die ander klante wat deur Gearify ingeloop is gaan doen, het hulle nie gesê nie.

Die Herald het vir Germeshuys en bidorbuy om kommentaar genader, maar teen druktyd het nie een van hulle gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button