
‘n Splinternuwe plaaslike kunskompetisie vir laerskoolkinders gaan die geleentheid bied vir die kreatiwiteit om behoorlik te vloei.
Uniprop, The Daily Coffee Café sowel as die Lionsklub Potchefstroom het kragte saamgespan om die kompetisie ‘n realiteit te maak. Daar is alreeds ‘n klomp laerskole wat deel van hierdie kompetisies is, naamlik, Laerskool Mooirivier, Laerskool President Pretorius, Potchefstroom Primary, Potchefstroom Central School en Bert’s Bricks Primary.
Die kompetisie bestaan uit twee gedeeltes, naamlik ‘n kleurkompetisie (In die Koffieiwnkel) sowel as ‘n plakaat/opstel (Peace Poster) kompetisie.
Hyla Alberts, die eienaar van The Daily Coffee Café hier in Potchefstroom het vir Pieter Marais van Uniprop genader om haar te help om ‘n in kleurkompetisie vir laerskoolleerders te loods. Saam met die hulp Deon van Tonder van die Lionsklub, is die inkleurkompetisie in ‘n groter kunskompetisie omskep.
Die kompetisieafdelings is as volg:
“In die Koffiewinkel”
Die kompetisie inskrywings sal in grade verdeel word:
a) 1 – 2 (1ste, 2de en 3de),
b) 3 – 5 (1ste, 2de en 3de),
c) 6 – 7 (1ste, 2de en 3de).
Lions Club Potchefstroom Vredesplakaat/Vredesopstel
Die kompetisie is oop vir leerders wat op 15 November 2022 11, 12 of 13 jaar oud sal wees.
a) Vredesplakkaat (1ste, 2de en 3de),
b) Vredesopstel (1ste, 2de en 3de),
Kunstenaars kan besluit om kunswerke in te skryf wat beide by die tema “In die koffiewinkel” en/of die tema (lei met deernis) soos gedefinieer deur The Lions Club voldoen.
Kompetisiereëls:
A: In die Koffiewinkel
- Die sluitingsdatum van die kompetisie is 30 Augustus 2022. ❖ Die kompetisie is oop vir alle laerskoolleerlinge (graad 1 – 2, 3 – 5 en 6 – 7). ❖ Slegs een inskrywing per student, met elke inskrywing hul oorspronklike skepping. ❖ Alle soorte media word aanvaar, naamlik kryt, houtskool, pastel, ensovoorts. ❖ Die kunstenaar se volle naam, volle geboortedatum, skoolnaam en graad met duidelik agter op die linkerkant van die plakaat geskryf word.
B: Vredesplakkaat
Die kompetisie is oop vir studente wat op 15 November 2022 11, 12 of 13 jaar oud sal wees.
❖ Papiergrootte moet nie groter as 600 mm by 500 mm wees nie en nie kleiner as 550 mm by 330 mm vir vredesplakkaat nie
❖ Slegs een inskrywing per student, met elke inskrywing hul oorspronklike skepping.
❖ Alle soorte media word aanvaar.
❖ Moenie inskrywings lamineer of raam nie.
❖ Kunswerk moet op ‘n buigsame materiaal gedoen word, sodat dit gerol kan word vir versending in ‘n posbus. Moenie plakkaat vou nie.
❖ Driedimensionele inskrywings sal nie aanvaar word nie. Niks mag aan die kunswerk vasgeplak, vasgekram of geheg word nie. Geen glinster of ander versierings om op die kunswerk aan te bring nie.
❖ Die gebruik van letters of nommers op die voorkant van die plakkaat word nie in enige taal toegelaat nie.
❖ Die kunstenaar se volle naam, volle geboortedatum en skoolnaam moet duidelik links op die agterkant van die plakkaat geskryf word.
❖ ‘n Drie- of vierreëlige (maksimum 40 woorde) boodskap moet agter op die linkerkant van die plakkaat geskryf word. Hierdie
boodskap moet in die student se eie woorde geskryf word, en verduidelik hoe die elemente in hul plakkaat die tema motiveer.
C: Vrede-opstel: “Lei met deernis”
Die kompetisie is oop vir studente wat as siggestremde beskou word
En 11, 12 of 13 jaar oud wees op 15 November 2022.
❖ Deelnemers moet as gesiggestremdes geklassifiseer word (wat wissel van swak sig, wat bril benodig en/of blindheid).
❖ Opstelle moet nie langer as 500 woorde wees nie, in Engels ingedien, met swart ink getik en in dubbelspasiëring.
❖ Slegs een inskrywing per student, en elke inskrywing moet die werk van slegs een student wees.
❖ Opstelinskrywings kan nie reeds gepubliseer gewees het nie.
❖ Enige opstelle wat as plagiaat gevind word, sal gediskwalifiseer word, en die student sal verbied word om aan enige kompetisies in die toekoms deel te neem.
Vir meer inligting oor die kompetisie kan Pieter Marais by 072 560 5741 geskakel word.




