
Die petrolprys gaan Woensdag, 6 Julie tussen R 2,37 en R 2,57 per liter styg.
Die Departement van Energie het die nuwe brandstofpryse vir Julie bekendgemaak wat beteken dat motoriste nog ‘n swaarder las rakende brandstofkostes sal ervaar.
93-oktaan petrol sal nou R 26,31 per liter kos en 95-oktaan petrol R 26,74 per liter uit die sak jaag.
Diesel (0.05% -sulfaat) styg ook met R 2,31 per liter.
Die rede hiervoor is die internasionale oliepryse wat gedurende Junie skerp gestyg het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



