SportSport

Gimmie dra nou kroon as SA Tweekamp-kampioen

Rico Leijenaar is een van drie Potchefstromers wat goud by die SA Tweekampkampioenskappe gewen het.

Drie Potchefstromers het hierdie afgelope Sondag, 3 Julie tydens die 2022 SA Tweekampkampioenskappe in Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) met goud om hulle nekke weggestap.

Rico Leijenaar (16-17 – junior sprint wedren), Mariëtte Hitge (50-54 – langafstandwedren) en Pieter Henning (70-74 – standaardwedren) het in hulle ouderomsgroepe en Noordweskleure gewys dat hulle SA-kampioen materiaal is. Leijenaar het in 59:05 klaargemaak, terwyl Hitge in 03:45:57 en Henning sy wedloop in 02:53:40 voltooi het.

Rico Leijenaar neem die voortou op pad na sy goue medalje. Foto: Verskaf

Henning het juis onlangs van oorsese kompetisie teruggekeer na Suid-Afrika, en oudergewoonte weer die top plek op die podium behaal.

Pieter Henning behaal ook ‘n goue medalje in die 70-74 ouderdomsgroep.

Leijenaar, ‘n Graad 11 Potchefstroom Gimnasium leerder, het verlede jaar ‘n tweede plek by die SA Tweekampkampioenskappe behaal en was van die staanspoor gereed om een trappie hoër te klim vanjaar.

Rico Leijenaar, is ook een van die NWU CHHP hoë pretasie groep.

“My doelwit vir hierdie jaar se kampioenskappe was definitief om te wen. Ek is baie bly en dankbaar dat ek gewen het. Ek motiveer meestal myself, om die beste te wees in wat ek doen en my alles te gee,” noem hy.

Hy meen ook dat vanjaar se wedren uitdagend was omdat die kompetisie veral groot was.

Die moeilikste deel was die fietsry gewees omdat ons vier was wat mekaar probeer afry het. Die beste deel was die laaste kilometer van die hardloop toe ek besef dat ek SA kampioen gaan wees,” vertel Leijenaar, wat sy eerste tweekamp al op 5-jarige ouderdom aangepak het. Nou 12 jaar later pluk hy die vrugte van sy harde werk en talent.

Rico Leijenaar vier sy oorwinning in die 2022 SA Tweekampkampioenskappe. Foto: Verskaf.

Ander Potchefstromers wat medaljes behaal het is Tihard Strydom (nog ‘n Gimmie), Wihan Strydom en Dawie Janse van Rensburg.

Tihard Strydom (o.15) – derde algeheel (super sprint)

Wihan Strydom (o.13) – tweede algeheel (super sprint)

Dawie Janse van Rensburg (45-49) – tweede algeheel (standaard)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button