NewsNews

Ouma Elsie vier fees op 99

Daar was groot fees gehou toe Huis Eikelaan se oudste inwoner, mev. Elsie Kok, haar 99ste verjaarsdag op Saterdag, 9 Julie gevier het.

Daar was groot fees gehou toe Huis Eikelaan se oudste inwoner, mev. Elsie Kok, haar 99ste verjaarsdag op Saterdag, 9 Julie gevier het.

Huis Eikelaan het vir smullekker eetgoed gesorg sowel as lekker warm tee wat hierdie geliefde inwoner saam met haar familie en mede-inwoners alreeds op Vrydag, 8 Julie kon geniet.

As ‘n mens na Ouma Elsie kyk sal jy nie sommer dink dat sy al 99 jare agter haar blad het nie. Toe sy hoor dat Huis Eikelaan ‘n spesiale verjaarsdagpartyjie vir haar gereël het en sy die mooi tafelversierings sien was sy sprakeloos.

“Ek is so dankbaar en sommer oorweldig,” noem sy toe sy geskenke van Huis Eikelaan en haar familie ontvang het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Daar was pure blydskap en dankbaarheid in Ouma Elsie se oë met al haar geliefdes om haar op die dag. Dit het drie kleinkinders, 3 agterkleinkinders, ‘n seun, skoondogter en skoonseun ingesluit.

Ouma Elsie woon al sedert November 2021 by Huis Eikelaan en die afgelope 15 jaar is sy ‘n gevestigde Potchefstromer.

Haar oorlede man, Johan, was ‘n polisieman en het in verskeie dele van Suid-Afrika gewerk. Sodoende het Elsie al in klomp plekke in haar lewe gebly.

Ouma Elsie Kok saam met lede van haar familie wat haar verjaarsdag gevier het.

Nou hou Ouma Elsie haar daagliks besig met haar breiwerk, iets wat sy nog baie geniet aangesien sy daarvan hou om met haar hande te werk.

“Ek brei nog en maak graag komberse vir behoeftiges. Genade van Bo, sowel as my familie se ondersteuning dra my elke dag,” vertel sy met ‘n sprankel in haar oog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button