Local newsNewsNews
Brand in Goudstraat: jong vrou in woonstel gevind
'n Brand het vanoggend (5 Augustus) omstreeks 04:30 by 'n woonstel in Goudstraat onstaan.

‘n Brand het vanoggend (5 Augustus) omstreeks 04:30 by ‘n woonstel in Goudstraat onstaan.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is hulle na die toneel deur bystanders ontbied waarna hulle die brandweer gekontak het.
Met aankoms is ‘n jong vrou binne in die woonstel aangetref. Die brandweer kon die vrou red en die brand onder bedwang bring. Sy het geen ernstige beserings opgedoen nie.
Die polisie was ook op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



