Local newsNewsNews

Ernstige nekbesering beëindig Volkie se rugbyloopbaan

‘n Belowende eerstespan rugbyspeler van Hoër Volkskool Potchefstroom, Jauvan Prinsloo (17) se rugbyloopbaan is kortgeknip nadat hy drie nekwerwels in ‘n rugbwedstryd teen Hoërskool Centurion gebreek het.

‘n Belowende eerstespan rugbyspeler van Hoër Volkskool Potchefstroom, Jauvan Prinsloo (17) se rugbyloopbaan is kortgeknip nadat hy drie nekwerwels in ‘n rugbwedstryd teen Hoërskool Centurion gebreek het.

Jauvan se ernstige besering het na 13 minute in die wedstryd hierdie afgelope Saterdag, 6 Augustus op Volkies se rugbyveld gebeur. Buiten die drie nekwerwels wat gebreek het, het een ook geskuif.

Jauvan Prinsloo (17) ‘n eerstespan rugbyspeler van Volkies het drie nekwerwels in ‘n rugbybesering gebreek. Foto: Verskaf

Hy is tans in die Tshepong Staatshospitaal in Klerksdorp waar ‘n operasie vandag (Dinsdag, 9 Augustus) sal plaasvind.

Die omstandighede rondom Jauvan se besering en die kostes betrokke rakende die operasie en rehabillitering is gister (Maandag, 8 Augustus) op sosiale media gedeel.

Sy pa, Rudi Snyder, noem dat Jauvan tans nog baie seer het, en dat die rehabilitasieproses na die komende operasie veral lank gaan wees. Hy het ook bevestig dat sy seun se rugbyloopbaan verby is.

“Hy is ‘n sterk seun en ons weet hy gaan weer herstel. Dit is ‘n feit dat hy nie meer gaan rugby kan speel nie. Hy was ‘n briljante senter. Sy ouer boetie, Dean, is ook die losskakel in die eerste span en dit was vir ons as gesin regtig spesiaal dat hulle saam gespeel het. Die besering raak veral vir Dean erg,” noem Rudi.

Rudi is wel verheug oor die bydrae wat die gemeenskap al sover gemaak het.

“Ons is bly oor enige bydrae. Die pad na herstel is nog lank en ons waardeer al die hulp wat ons ontvang. Iemand het alreeds genoem dat my petrolkostes om van Parys na Klerksdorp te ry gedek sal word. Sulke hulp is ongelooflik,” noem Rudi.

n Bydra vir Jauvan se rehabilitasie en ander mediese kostes kan in die volgende rekening gemaak word:

FNB/RMB

Rekeninghouer: *Golfgo (pty)ltd

Rekeningtipe: Gold Business Account

Rekeningnommer: 62930839529

Takkode: 250655

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button