Local newsNewsNews
Die Hebronmark is terug!
Daar is op die dag vir die besoekers baie om te besigtig, waaronder die witolifantwinkel en verskeie kosstalletjies vir diegene wat honger is.
Die immergewilde Hebronmark vind 8 Oktober by Huis Hebron plaas.
Dit is ten bate van die sowat 110 haweloses wat tans deur Huis Hebron gehuisves word. Daar is op die dag vir die besoekers baie om te besigtig, waaronder die witolifantwinkel en verskeie kosstalletjies vir diegene wat honger is.
Markgangers kan met hulle honde aan leibande om die dam stap en die kinders kan op die springkasteel baljaar. Belangstellendes wat graag goedere uit hulle kattebak wil verkoop, is welkom om vir Carin by 071 871 8702 te kontak.
Kom deel die dag as vriende van Hebron met hope pret vir die hele gesin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



