Local newsNewsNews

Waterkrisis duur voort in Ikageng en noorde van Potch

Die munisipaliteit noem ook dat beurtkrag 'n groot rol speel dat die watervlakke nie konstant bly nie. 

Watervlakke by die Vyfhoek en Ikageng reservoirs is steeds baie laag met die gevolg dat inwoners weereens sonder water sit.

Die reservoir vlak by Vyfhoek was gisteroggend op 8% en bly steeds onder 20%.

Dit affekteer woonbuurte in die noordelike gedeeltes van Potchefstroom (Van der Hoffpark, Tuscany Ridge, Mooivalleipark, Vyfhoek) sowel as Ikageng.

Die J.B. Marks Munisipaliteit het gister (29 September) bevestig dat een van die pompe by die Ikageng Reservoir glo omstreeks 18:00 op Woensdag 28 September, onklaar geraak het. Tegnici is nog besig om die pompe te herstel.

“Ons het tans vyf watertenkwaens wat water verskaf aan gebiede wat geraak is. Ons verkry nog vragmotors aangesien die Munisipaliteit verskeie belanghebbendes genader het vir verdere bystand,” het munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite, gesê.

Die munisipaliteit verduidelik dat beurtkrag ‘n groot rol speel oor hoekom die watervlakke nie konstant bly nie.

“Ons ondervind steeds lae vlakke in ons watersuiweringsaanlegte en reservoirs as gevolg van beurtkrag deur Eskom. Kragopwekkers bied ook ondersteuning aangesien hulle voortdurend in werking tree wanneer elektrisiteit afgaan,” voer Tshite aan.

Die munisipaliteit het die afgelope week met al vier pompe op albei lyne na die Vyfhoek reservior gepomp. Die hoof toevoerpyp het ook gebars op die hoek van Govan Mbeki en MC Roode-rylaan. Daar is  vasgestel dat daar nie oopgegrawe moes word nie en dat die pyp op ander wyse herstel sou word.

DA wyksraadlid in wyk 3, Anné van Onselen, het ook genoem dat inwoners vir eers nie moet tuin natspuit nie totdat die watervlakke gelig het. Verder is daar ook talle waterlekke wat nog probleme in die geaffekteerde area skep.

.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button