SportSport

Jong All Blacks sal nie sommer Olënpark vergeet nie

Na gister se kragmeting tussen die Luiperds se o/19 span en die o/19 All Blacks sal daar vanoggend 'n paar seer lywe wees. 

Na gister se kragmeting tussen die Luiperds se o/19 span en die o/19 All Blacks sal daar vanoggend ‘n paar seer lywe wees.

Dit was ‘n fisiese stryd tussen dié twee spanne, maar nie die eenrigting verkeer waaraan die All Blacks tot dusver op hulle toer gewoond geraak het nie.

Foto’s: Wouter Pienaar

Hulle sal die merke van Olënpark saam met hulle huis toe neem. Die Luiperds was bestendig gedurende die wedstryd, hulle het die Nieu-Seelanders baie opdraende in veral die skrums en rolmaal gegee. Besonderse besluitneming van die All Blacks se losskakel het tot ‘n 42 -31 nederlaag vir die Luiperds teen hulle internasionale teenstanders gelei.

Die Noordwesters het nietemin goeie rekenskap van hulleself tydens die wedstryd gegee. Op ‘n stadium was die telling 28 -24, en dit het gelyk of die Luiperds moontlik met ‘n oorwinning gaan kan wegstap. Die Luiperds het meer punte teen dié jong All Blacks span aangeteken en minder afgestaan as enige van die ander groot spanne teen wie hulle op toer al gespeel het.

Die All Blacks het die WP, 86 – 0 kafgedraf waarna hulle die Sharks 54 – 13, pak gegee het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button